Fotos van YAHUVEH se Glorie wat HY
aan my openbaar het
|
30 Januarie 2010
Twee gesigte van YAHUSHUA in die wolke
Vandag was ek besig om met 'n swartman te gesels. Hy het 2 weke gelede
vir my gevra of ek nie vir hom 'n Afrikaanse bybel het nie.
En vandag het ek vir hom een gaan gee.
Ek het hom vertel dat YAHUSHUA vinnig terug kom. Ek het ook vertel van
die Almightywind profesieë en dat dit die waarheid is wat ons
Hemelse Vader YAHUVEH en YAHUSHUA aan 'n profeet met die naam Elisabeth
Elijah spreek.
Toe voel ek skielik gelei deur die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) om 'n foto
van die wolke te neem.
En toe ek die foto oopmaak op my foon, sien ons twee gesigte van YAHUSHUA ons MASHIACH
in die wolke. HalleluYAH!! YAHUSHUA U is sooo Groot!!!
Een gesig kyk op en die ander is 'n duidelike gesig van YAHUSHUA ons MASHIACH
Ek het duidelik gemerk waar YAHUSHUA ons MASHIACH se gesigte is.
|
30 Januarie 2010
'n Veertjie in die wolke
Vandag het ek ook 'n veertjie in die wolke gesien.
Die oomblik toe ek besef dit is 'n veertjie waarna ek kyk,
het Psalm 91 by my opgekom. "HE covers us with HIS feathers and
under HIS wings we take refuge."
HalleluYAH!! Baie dankie ABBA YAHUVEH vir die wonderlike tekens in die wolke.
U is soo Groot en ons dank U dat U altyd daar is vir ons en dat U ons beskerm
met U vlerke.
|
22 Januarie 2010
YAHUSHUA se Hand wat die son vashou!!
Sjoe!! YAHUSHUA het ons waarlik vandag weer geseën met hierdie amazing
foto van SY Hand wat die son vashou. Julle kan duidelik SY mou van SY kleed
sien.
|
24 September 2009
YAHUSHUA teken 'n groot duif in die wolke.
Wow!! Ek was besig om 'n webbladsy te ontwerp wat gehandel
het oor die groot doop en ook oor die doop van die
RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Toe ek skielik gelei was
om uit te gaan en die foto in die wolke te neem.
Kan julle die duif sien. Die HEILIGE GEES het in die vorm
van 'n duif op YAHUSHUA neergedaal nadat HY gedoop was.
|
3 Junie 2008
YAHUSHUA openbaar SY gesig in die wolke
Terwyl ek buitekant besig was om vir iemand van die Almightywind website, waarna
YAHUSHUA my gelei het, te vertel, sê ek vir hom. "Jy weet nooit. YAHUSHUA kan nou net
daar vanuit die wolke vir ons glimlag." Wel op daardie selfde oomblik maak die wolke
oop en ek sien hierdie helder lig skynsel wat na vore kom.
Die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) sê toe vir my, "Neem fotos". En dit is toe wat ek doen.
Later, toe ek by die huis kom en die fotos op my rekenaar laai, is dit wat ek toe sien.
YAHUSHUA het waarlik SY gesig in die lug geopenbaar!
Prys YAHUSHUA ons MASHIACH!!
Die helder lig skynsel.
YAHUSHUA ons MASHIACH se gesig! HalleluYAH!!
|
6 Maart 2008
YAHUVEH wys vir my SY Hand in die wolke
Ek was besig om in my kar te ry, toe die RUACH HA KODESH (Heilige Gees)
vir my sê, "Stop jou kar en klim uit en kyk in die wolke." Wel ek het net
daar gestop en toe sien ek YAHUVEH se hand in die lug.
Die kamera wat ek het, het nie 'n "wide angle" lens nie.
Anders sou ek SY hele hand in die foto kon kry.
Later daardie dag, het ek bevestiging van die profeet
Elisabeth Elijah gekry dat dit wel YAHUVEH se hand is wat HY
bokant Suid Afrika gehou het.
SY woorde aan haar was, "Ja, dit is MY Hand wat in die foto is.
MY Hand wat MY Kinders sal beskerm, maar wat ook MY woede gaan uitstort oor
die mense wat MY nie wil ken nie of wat nie 'n sterk verhouding met MY het nie!"
Dankie ABBA YAHUVEH. U het gepraat..
|
|