Afrika Profesie, gegee aan Profeet, Pastoor Alexis in Suid Afrika, Kaapstad.

PROFETIESE WOORD IN AFRIKA

aan Profeet en Apostel Alexis in Kaapstad, Suid Afrika

MY Geliefde Seun! Jy profeseer so baie en tog kry jy so min terug. Jy het nodig om bemoedig te word. Jy moet verfris word. Nou het EK hierdie vrou, wat van ver af kom, na jou toe gestuur, om MY LEWENDE WATER uit te stort om jou te bemoedig en te vertel, MOET NOOIT OPGEE NIE!

Jy moet jou hand aan die ploeg sit. Moenie terug kyk nie! Moenie luister na die pessimiste oral rondom jou nie! Staan op vir MY Heilige Naam! Staan op vir MY Glorie! As jy sal doen wat EK jou vertel om te doen, sal dit wees soos die Kerk van Ouds wanneer die Apostels wonderwerke gedoen het – en tekens, wonders en wonderwerke het gevolg!

Leer MY Hebreeuse weë! Onderhou MY Heilige Fees Dae! Nie die heidense feeste nie! Gee onderrig oor die Joodsheid van MY GEES! Leer MY SALWING in MY NAAM! Van nou af – jy het MY “JESUS” genoem in die verlede. Jy het MY “JESUS” genoem – o maar daar is 'n groter Salwing in MY Hebreeuse Naam. MY Seun, leer, en roep na MY in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! EK IS DIE MESSIAS! Leer van MY! EK weet jy weet nie alles van MY af nie, maar EK weet alles van jou af!

MY Seun, jy het net 'n toon geneem en dit in MY LEWENDE WATER geplons. Wag dat EK jou hele liggaam in die LEWENDE WATER plaas! Soos jy die Joodsheid omhels, soos jy onderrig gee in die Joodsheid, soos jy sal onderrig gee om die Sabbat Dag te eer en te onderhou – en EK bedoel nie Sondag nie, omdat Ek nie in 'n Tempel gepreek het op 'n Sondag nie! MY Seun, gaan terug na jou Joodse wortels! So baie van julle nou in Afrika is Ethiopese Jode. Julle is deel van die verlore Stam!

EK het jou nou na vore geroep! Vir MY GLORIE! Sal jy neem wat EK jou gee en dit met ander deel? En as jy wil, sal EK dit vermenigvuldig soos die Brode en die Visse! EK sal dit vermenigvuldig! EK is nie 'n GOD van vermindering nie! EK IS 'n GOD VAN VERMEERDERING EN SEȄNINGE! Tekens, wonders en wonderwerke sal jy sien, soos jy nog nooit geglo het nie!

Dit is nie MY begeerte vir Afrika om in armoede te wees nie! Dit is as gevolg van ongehoorsaamheid dat hulle in armoede is. Dit is MY begeerte dat hulle in die Seëninge van Deuteronomium 28 sal loop. Vertel vir hulle dat hulle moet terugdraai na Heiligheid! Vertel vir hulle dat ek geen sonde duld nie. Vertel vir hulle dat hulle kan vergewe word deur die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA!

[Elisheva (Elisabeth) bid:] O laat die LIG, die SHEKINAH-GLORIE-LIG voort skyn vanuit sy gesig. Pastoor, Profeet, wat het met jou gebeur – net soos Moses – VADER – die lig op sy gesig gehad het, so helder dat hy dit moes bedek het met 'n sluier. Profeet, ek vertel dit aan jou.

As jy dit sal aanvaar dat 'n ander Profeet na jou toe gestuur was op hierdie dag, ek vertel vir jou dat jy ook die SHEKINAH-GLORIE so HELDER op jou gesig sal hê, dat mense sal sê, “Wel, waar was jy? Ek wil die LEWENDE WATER drink wat jy gedrink het. Ek wil hê wat jy het.”

Jy het nog nie begin om te loop in die Rykdom wat GOD jou belowe het nie. Jy was getrou met min. HY gaan vir jou so baie gee.

HY begeer vir jou om die volheid te hê – die volheid van al die Seëninge van Deuteronomium 28. Jy is 'n baie getroue dienaar. O my broer, jou gevegte was so hewig. Omdat donker vorste jou waarlik aan alle kante omring. Maar ek vertel vir jou dit, en dit is geprofeseer dat hierdie plek moet NIE 'n kontinent van donkerheid wees nie.

Dit moet NIE 'n "kontinent van donkerheid" genoem word nie – ek profeseer net hier aan jou – in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, As MY mense in Afrika net wil glo, ontvang, en terugkeer na Heiligheid – waar hulle vandaan kom – sal hulle sien dat dit 'n Kontinent van LIG is! Regoor die wêreld sal hulle wil kom na hierdie Kontinent van LIG! Dit sal NIE LANGER die kontinent van donkerheid genoem word nie..

Einde van die Woord