Matteus 6:19-21
Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
AmightyWind ondersteuners wat Hemel toe gegaan het
Psalm 103:19
YAHUVEH het SY troon in die hemel gevestig, en SY koninkryk heers oor alles.
Matteus 18:10
Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.
Johannes 14:1-3
Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in YAHUVEH, glo ook in MY. In die huis van MY Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou EK dit vir julle gesê het. EK gaan om vir julle plek te berei. En as EK gegaan en vir julle plek berei het, kom EK weer en sal julle na MY toe neem, sodat julle ook kan wees waar EK is.
1 TESSALONISENSE 4:16,17
Want YAHUSHUA Homself sal van die Hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van YAHUVEH; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word, YAHUSHUA tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by YAHUSHUA wees.
Matteus 5:3
Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Openbaring 21:10
En HY het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van YAHUVEH neerdaal;
FILIPPENSE 3:20,21
Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag YAHUSHUA HA MASHIACH, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan SY verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur HY ook alles aan Homself kan onderwerp.
Openbaring 21:27
En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die Boek van die lewe van die Lam.
Openbaring 21:1-2
En ek het ‘n nuwe Hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste Hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal YAHUVEH uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
Openbaring 21:3-4
En ek het ‘n groot stem uit die Hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van YAHUVEH is by die mense, en HY sal by hulle woon, en hulle sal SY volk wees; en YAHUVEH self sal by hulle wees as hulle GOD. En YAHUVEH sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
canvas frames
canvas frames
canvas frames